GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n saak van beweerde nalatige afvuur van ‘n vuurwapen nadat ‘n 30-jarige manlike konstabel verbonde aan die Upington K9-eenheid ‘n skietwond in die maag opgedoen het.
Daar word geglo dat die voorval op 30 April 2025 omstreeks 23:25 in Louisvale, Upington, plaasgevind het. Die lid was ten tyde van die voorval nie aan diens nie. Die SAPD-lid is tans in die hospitaal om behandeling te ontvang.
Geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie.
Die ondersoek sal deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat uitgevoer word.