Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington SAPD het ‘n 30-jarige manlike verdagte, in verband met die beweerde huisroof wat op 30 April 2025 in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -in hegtenis geneem.
Die verdagte is Maandag 5 Mei 2025 omstreeks 09:00 by sy huis in Leerkrans in hegtenis geneem.
Die polisie het ook items teruggevind wat na bewering tydens die rooftog gesteel is.
Speurders van die Upington SAPS het beves-tig dat hulle ‘n saak van huisroof - wat op Woensdag 30 April 2025 omstreeks 04:00 op ‘n kleinhoewe in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -ondersoek.


Daar word beweer dat twee verdagtes die huis van die 78-jarige man binnegegaan het.
Hulle het hom na bewering met ‘n sekel geslaan en toe van die toneel gevlug met huishoudelike items en ander besittings.
Die slagoffer het geringe beserings opgedoen.
Een manlike verdagte is steeds op vrye voet. 
Alle inligting kan aan speurdersersant Vuyani Silingile by 082 582 0950 gestuur word, of die SAPD Misdaadstop-nommer 08600 10111 kontak of die MySaps-app gebruik.
Alle inligting sal vertroulik behandel word. Die ondersoek duur voort.