Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het  22 nuwe ambulanse bekendgestel, wat sy operasionele vloot tot 74 voertuie provinsiewyd verhoog.
“Hierdie jaarlikse belegging van R40 miljoen is daarop gemik om ons verbintenis tot vinniger noodreaksietye en kwaliteit gesondheidsorg in alle distrikte te versterk.” so het die departement tydens die bekendstelling van die ambulansvloot gesê.
Die departement sê dat - as deel van sy omvattende EMS-optimaliseringsplan, sluit hierdie 22 ambulanse aan by 120 ander noodvoertuie - wat sedert die begin van die 6de administrasie onder leiding van premier dr. Zamani Saul aangeskaf is.


In ‘n persverklaring in Maart vanjaar, het die departement 22 nuwe ambulanse, 100 nuwe noodpersoneel,  en uitgebreide lugdienste asook ‘n  verhoogde prestasiedoelwit van tussen 50% en 60% vir prioriteit een noodreaksies aan die provinsie beloof. 
Dit volg kort op die hakke van ‘n persverklaring, wat daarop gedui het dat rolspelers ‘n klagte teen die departement by die menseregte kommissie aanhangig gemaak het, juis omdat sy ambulans vloot ‘half en gebroke’ is.
Die rolspelers het ernstige ambulansverwante klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aangemeld, aangesien hulle meen dat meer as die helfte van die Noord-Kaap se hele Emergency Medical Services (EMS)-vloot buite werking is.
Ten spyte van leë beloftes om EMS te versterk, het ambulans- en pasiëntvervoerdienste sedert 2019 in die intensiewe sorgeenheid gebly met die jongste inligting wat toon dat EMS teen 46% vlootkapasiteit werk.
Die rolspelers het hul kommer geopper, dat ambulansverkryging ‘n voertuigvervangingstrategie is en niks doen om die vloot te versterk nie - en het glo ook  herhaaldelik gevra, dat die stadige omkeertyd vir noodvoertuigherstelwerk aangespreek moet word.
In plaas daarvan om hierdie bekommernisse aan te spreek, het die gesondheidsdepartement sy noodreaksiestandaarde verlaag - deur sy teiken vir operasionele ambulanse van 184 na 130 en sy teiken vir EMS-personeel van 1 800 tot 720 werknemers af te gradeer. 
Die aantal werknemers staan ​​op 653 teenoor ongeveer 700 in 2019.
Dit is nie goed genoeg wanneer die provinsie enkelbemanning-ambulanse verduur, ambulanse wat net 12 uur per dag werk soos in die Hantam-omgewing, pasiëntvervoerders wat reise moet kanselleer, pasiënte in landelike gebiede verhoed om toegang tot mediese sorg te kry, en ambulanse wat nie lewens red nie.
Die SAMRK is intussen gevra om die jongste string ambulansklagtes by die gesondheidsdossier te voeg. 
Mense verdien toegang tot nooddienste wat lewens red.
In sy toespraak het LUR vir Gesondheid, mnr. Maruping Lekwene, beklemtoon dat elke gemeenskap in die provinsie betroubare nooddienste verdien, en ons lewer! “Dit is dalk nie teen die verwagte tempo nie, maar daar word gewerk om ‘n vinnige reaksie op die behoeftes van die mense van die Noord-Kaap te verseker. Met bykomende paramedikusopleiding aan die gang en ontplooiing op distrikvlak, sal hulp vinniger opdaag wanneer jy dit die nodigste het.”