Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die vlak van die Oranjerivier sal die week geleidelik begin daal soos die rivier afwaarts na die Alexanderbaai beweeg.
Volgens Wilco Fourie, president van ORLU, wie mense in die Benede-Oranje streek op hoogte van sake hou oor watervlakke, was die piek by Prieska, Saterdag, 3 Mei, 4976m3/s. Dis amper 5 miljoen liter per sekonde, wat water verby ‘n spesisieke punt vloei.
Volgens die projeksies by Katlani en Prieska word ongeveer 3000m3/s daling oor die volgende 5 dae daar gestel.


Die Vaal-, Gariep- en Vanderkloofdamme se uitvloei is almal verminder.
Saterdag (3/5) was die Groblershoopbrug 7,62 en Maandag (5/5) was die brug op 7.60 m - ‘n 2 cm daling.
Vanaf Upington en laer af, het ‘n styging Sondagnag plaasgevind en die vloei was as volg:
Vloei by Upington 4827m3/s
Vloei by Bloupunts 5250m3/s
Die Groblershoopbrug het Dinsdag, 6 Mei op net onder 7.4m gestaan, wat daarop dui dat die beduidend besig is om te sak.
Op Upington is die rivier ook besig om te sak, het Len Fourie, vanoggend op sy Facebook berig.

          Augrabies Watervalle
Vir besoekers aan die Augrabies Waterval Nasionale Park, was dit ook ‘n wonderlike ervaring. Die hoofval kan ongelukkig nie nou besigtig word nie.
Die parkhoof, Angela Isaks, het gesê as gevolg van die hoë vloei van die water 4714 m3/s, is sommige uitkykpunte vir die veiligheid van toeriste, gesluit. Daar is slegs drie uitkykpunte wat nou gebruik kan word.