Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrika se slimste denkers sal binnekort meeding om lewensveranderende pryse - wat deure sal oopmaak vir toekomstige studies en loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde en innovasie (STEMI) by vanjaar se Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes Internasionale Wetenskapskou.
Van 6 tot 10 Oktober 2025 sal ‘n totaal van 303 leerders van 35 streke regoor Suid-Afrika en 16 internasionale deelnemers van Lesotho, Namibië, Zimbabwe, Mexiko, Ierland, Indië en Rusland hul projekte by die Emperors Palace-konferensiesentrum in Kempton Park ten toon stel.
 Daarbenewens sal sewe deelnemers van Ghana en Mosambiek die geleentheid hê om virtueel deel te neem.

Noord-Kaap deelnemers sluit in:
Kalahari
• Kalafo Matsebe van Dibotswa Hoërskool
• Mahir Siddika van Postmasburg Hoërskool
• Mckayla Booyesen van Curro Kathu
• Ciara Strauss van Upington Hoërskool
• Keara Strauss van Upington Hoërskool
• Warona Kakue van Motshwarakgole Intermediêr
• Mukona Muvamba van Postmasburg Hoërskool

Namakwa
• Anneke Nel van Calvinia Laerskool
• Helena van Schalkwyk van Calvinia Laerskool
• Landon Bonn van S.A Van Wyk Hoërskool
• Vernique Koopman van Calvinia Laerskool
 Kimberley
• Anzania Small van Bongani Sekondêre Skool
• Kirsten Aleksier van Kimberley Meisieskool
• Alda Augustyn van De Aar Hoërskool
• Leony Moyisile van Thabane Hoërskool
• Cady de Koker van Noord-Kaap Hoërskool
• Oparna Maharaj van Newton Laerskool
Verskeie organisasies met ‘n gedeelde gevestigde belang om geleenthede vir opkomende jong wetenskaplikes en ingenieurs te bied, het pryse ter waarde van miljoene toegeken. Babcock International, Siemens Energy, die Universiteit van Pretoria (UP) en UP se Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingstegnologie (EBIT) borg ruimhartig agt volle beurse vir leerders om ingenieursgrade aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit van hul keuse te verwerf, afhangende van die voldoening aan die vereiste kriteria na ontvangs van hul matriekuitslae. Hierdie beurse het ‘n totale waarde van meer as R6 miljoen.
Monetêre pryse van meer as R400 000 kontant is te wen, tesame met skootrekenaars en tabletrekenaars geborg deur verskeie organisasies, insluitend Eskom Holdings, die Suid-Afrikaanse Omgewingswaarnemingsnetwerk (SAEON), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs, KI in Afrika, en Siemens (Edms) Bpk.