Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die 2025 Groot Kleuterskole Interskole was vanjaar weer iets besonders om te beleef. 
Hierdie jaar is die tweede jaar dat Lana van der Westhuizen en die ouers van Karlien en Kandas Kleuterkampus hierdie suksesvolle kleuter atletiek aanbied. Skooltjies van heinde en verre het deelgeneem aan die pret.
Krete is lank voor die tyd geoefen en elke span het homself omtrent oortref met pragtige dekor en hope spangees.


Die kleuterskole wat deelgeneem het was: 
Karlien en Kandas Kleuterkampus, Liewe Heksie Dagsorg, Kaalvoetkleuters, Klitsie Kampus Akademie, Kabouterland, Rose of Sharon, Wysneusies, Ladies en Laaities, Blommeland, Bondeltjie Vreugde, Giggles, Vinnige Voetjies, Keimoes Karnallies en Fruit Bear Buddies.
Geesbeker is vir die tweede jaar aan  Kabouterland oorhandig en die dekor  beker het gegaan aan Fruit Bear Buddies.
Die beste liedjie en kreet word gedeel deur Liewe Heksie Dagsorg en Bondeltjie Vreugde.
Die skoolhoofde het mekaar ook die stryd aangesê en die Vinnige Frieda beker gaan aan Juffrou Gertie van Blommeland en die Saartjie Seerhart is met trots ontvang deur Tannie Lana van  Karlien en Kandas Kleuterkampus.