Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Capespan was weer eens bevoorreg om hul jaarlikse Plase Sporttoernooi suksesvol op Vrydag, 26 September 2025 op Capespan Valam plaas se sportgronde, geleë op die Riemvasmaakpad, aan te bied.
Capespan se Noord-Kaap Tafeldruiweplase, Wes-Kaap Groot Patrysvlei (Clanwilliam) sitrus- en Oos-Kaap Penhill sitrus plaas (Sondagsrivier vallei) se sokker, netbal en landloop-spanne het op Valam plaas se Remmogo sportgronde, wat met Capespan- (Blue Hand) en Waitrose- Stigtings befondsing ontwikkel was, kom meeding. 


Die landloop, wat ‘n nuwe byvoeging tot die sportitems was hierdie jaar, het vroegoggend plaasgevind en die dameswenner, Magadi Phiri van Capespan Noudonsies plaas het kaalvoet gewen, terwyl die mansafdeling se wenner Elvis Pule (Capespan Norriseep plaas) die 5 kilo- meter in 22 minute kafgedraf het! ‘n Aantal van Capespan plase se bestuur en administratiewe personeel het ook aan die landloop item deelgeneem.
Capespan plase se administratiewe en bestuurspersoneel het vir ‘n nuwe item, toutrek, gesorg en beide die dames en mansspanne was gedugte kompetisie tot groot genot van beide die deelnemers en die toeskouers!  Definitief ‘n item wat meer deelname gaan meebring volgende jaar!
Die netbal kompetisie was deur die besoekende Capespan Groot Patrysvlei sitrusplaas gewen, met Capespan Valam plaas tweede, terwyl die sokkertrofee en prysgeld deur die plaaslike Capespan Arendsnes plaas se gedugte sokkerspan ingepalm was! Capespan Valam se sokkerspan het met net een uitskopdoel minder in die tweede plek geeindig. 
Capespan Farms en die Capespan Stigting (Blue Hand), as hoofborg van die toernooi, het groot waardering vir die waardevolle ondersteuning wat ons plaaslike borge verleen het om te sorg vir genoeg koelte, drinkgoed en hulp tydens die toernooi. Ons het waar- dering vir die Noord-Kaap Departement van Sport en Kultuur se skeidsregters, asook Charne Kruger, Mia van Staden en Anelma Steenekamp wat as skeidsregters by die Netbalkompetisie opgetree het.

 

F