Saterdagoggend is die “Boeta Pikes rugbydag” gehou na die opening van die Rugbymuseum wat in die Kalahari Oranje Museum gehuisves word.
Die dag is afgeskop met laerskolerugby waartydens Franciscus, Vooruitsig en Simbrüner die stryd aangesê het.
Op hoërskoolvlak het Saul Damon die span van Keimoes in die eindstryd naelskraap met 8-7 geklop nadat AJ Ferreira in die eerste ronde teen Saul Damon vasgeval het.
DFC het weggestap met die Pietie Pretorius-trofee nadat hulle Sunwolves met 15-7 getroef het.Die Noordwes-Kaap legends-rugbyspan wat tydens die Pietie Pretorius-memorium rugbydag in die Eiland-stadion Saterdag teen die legendspan van United kragte gemeet het. Die wedstryd het gelykop geëindig sonder dat enige punte aangeteken was.
Die rugbydag was ‘n reuse sukses. * Foto: Nick Pretorius
Boeta Pikes rugbydag” met groot sukses aangebied
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode