Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Upington Dorp se rugby en netbalspanne het die afgelope naweek behoorlik op hul onderskeie velde uitgeblink. 
Die goud is terug in Upington! Upington Dorp se eerste netbalspan lig die beker hoog  na ’n naelbyt 26–24 oorwinning teen Kakamas Dorp 1. 
Upington Dorp  het toeskouers op hulle voete gehad toe hulle Defence Force Collegians Rugby Football Club 21 - 17 klop.
Die twee spanne het hulle alles gegee op die veld, en nog ‘n bietjie meer.
Maar dit is Dorp wat die naweek in die finaal gaan speel. 


In 2024 het Upington Dorp Rugbyklub en Kakamas Rugby Klub die trofee gedeel, nadat hul in ekstra tyd nogsteeds ‘n gelyke telling op die telbord gehad het. In die 2025 ZFM Liga het Kakamas net 1 keer verloor - en dit was teen Dorp.
Dorp het ook net 1 keer verloor - en dit was teen Kakamas. Volgende week wil nie een van die twee spanne weer deel nie. 
Vrydag is dit die ZFM Rugby Region Liga Finaal. 
Kakamas Rugby Klub teen Upington Dorp Rugbyklub. 
Kom ondersteun gerus!
19 September 2025 Afskop is 8pm.
Waar? Kakamas, HMO Sportgronde.