Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Nuwe oranje vullisdromme is deesdae sigbaar by besige sentrums in die stad.
Die plaaslike AfriForum-tak het hande gevat met die DA en ‘n plaaslike vullisverwyderaar om Klerksdorp netjieser te kry deur vullisdromme op strategiese plekke by winkelsentrums te plaas.
Volgens Alta Pretorius, distrikskoördineerder: Mooirivier, was daar in die verlede geen dromme om vullis in te gooi nie, wat omgewingsbesoedeling tot gevolg gehad het.