‘n Nat Desember lê voor. Klerksdorpers is verras met die mooi reënboog na die harde reënbui Dinsdagmiddag 2 Desember. Ampie Ehlers van Meiringspark het 16,5 mm gemeet. Die eerste paar dae van Desember is gekenmerk deur donderstorms, sterk wind, ligte hael en reën in die Kosh-gebied. Lorainne van Antwerpen, ‘n fotograaf van Klerksdorp Fotografieklub, het die reënboog na 18:30 op haar selfoon gekiek in Yusuf Dadoostraat.













