Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Christopher Harcombe is nou al bykans sewe weke skoonveld.
Hy het verdwyn na hy vroegoggend gaan fietsry het. Volgens sy vrou, Angelique, is niks sedert 6 Desember van hom gehoor nie. “Almal het gesoek. Die polisie het alles gedoen en ons het geen idee waar hy hom bevind of wat met hom gebeur het nie,” sê sy.
Skakel haar by 071 175 6288 as jy weet waar hy hom bevind of wat met hom gebeur het. Hy is skraal gebou, het lang blonde hare, is ongeveer 1,72 m lank en weeg 72 kg. Hy het ‘n rooi en swart fietsryhemp, swart fietsrybroek en sonbril aangehad toe hy by die huis weg is.
Hy het verskeie tatoeëermerke en ‘n ringetjie in sy wenkbrou. Sy regterhand het nie ‘n duim nie. “Sy fiets is wit en rooi met groen besonderhede,” het Angelique gesê.
Enigiemand met inligting kan die plaaslike polisie by 018 464 5079/80 skakel.