Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die AfriForum-tak in Klerksdorp het ’n beroep op die Matlosana  Munisipaliteit gedoen om die laagwaterbrug in Leemhuisstraat dringend te beveilig voor ’n tragedie hom daar afspeel. 

“Die stormwaterkanale in die straat word nie skoongemaak nie, wat veroorsaak dat die brug oorstroom sodra dit baie reën,’’ sê AfriForum se Alta Pretorius.

 

Read more …Laagwaterbrug onveilig - AfriForum

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die vloed verlede week het baie mense se karakters getoets. Sommige was te bang om uit hul huise te kom en ander was dadelik gereed om ander in nood te help.

Bertus Kotzee, die eienaar van die Protea Hotel en Akasia Gastehuis, het nie tweekeer gedink toe hy om hulp gevra is nie.

Die afdeling vir verswakte pasiënte by die Panoramapark Aftreeoord is ontruim toe die water begin styg het op Woensdag 19 Februarie.

 

 

Read more …Hotellier help mense in nood

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Terwyl die Happy’s van Alabama hierdie maand die vierde jaar sedert hul dogter se moord herdenk, is daar hoop dat haar moordenaar voor die einde van April gestraf sal word.

Enslin en Loren Happy se dogter, Emolia sou vandeesweek haar 24ste verjaardag vier. Sy is wreed vermoor op 6 Februarie 2021. 

 

 

Read more …Moordverhoor begin in April

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Nala, ‘n Duitse herdershondkruising, vlieg volgende maand Kanada toe. Haar nuwe eienaar bly in Ontario.

Suzette Kotze, eienaar van die Stilfontein/Matlosana Diereskuiling, het reeds ses honde na Kanada gestuur vir aanneming en Nala sal die sewende een wees.

Sy vertel dat ‘n diereliefhebber van Kanada sewe jaar gelede van die skuiling te hore gekom het toe hulle ‘n labrador gered het. Sedertdien het sy gereeld honde aangeneem. “Sy neem gewoonlik die diere aan, wat ons nie maklik kan laat aanneem nie. Ons noem hulle special needs hondjies,” sê Suzette. 

Nala is egter ‘n uitsondering. Een van Talitha se dogters verjaar binnekort en sy het gevra om ‘n hond van die skuiling te kry. Die mooie Nala is toe gekies.

Volgens Suzette is dit nie moeilik om diere na Kanada te stuur nie. “Al ons honde is reggemaak en sy is ingeënt en ge-chip.”

 

 

More Articles …