Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia het aan die eerste Kovsie Smash Kriekettoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die toernooi is verlede week by Hoërskool Fichardtpark aangebied.

Eduard en Marneau Dreyer het Wesvalia tot ‘n oorwinning gelei.

Wesvalia het teen Hoërskool Middelburg in die finaal gespeel en met tien paaltjies gewen.

Die toernooi het as deel van Fichies se 40ste bestaansjaarvieringe plaasgevind en sal ‘n jaarlikse instelling word.

Quewen Fourie het die pas vir die Klerksdorpers gestel, en het van twee kolwers vir net 23 lopies ontslae geraak. Middelburg kon slegs 103/4 aanteken.

Die Dreyer-boeties het uitgeblink met die kolf. Eduard het 54 onoorwonne lopies aangeteken en Marneau 39 onoorwonne lopies.

Wesvalia het die teiken in die 18de boulbeurt verbygesteek met al tien paaltjies steeds staande. Die telling was 105/0.