Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek sien uit na ‘n opwindende atletiekseisoen met een van hul leerlinge wat reeds ‘n skitterende prestasie in spiesgooi behaal het.

Lehanke Beets (die jaar in gr 7) het ‘n puik atletiekseisoen in 2023 beleef. Sy kan spog met ‘n tweede plek op die SA Skole Sportsterre se ranglys vir spiesgooi vir meisies o/13 in Suid-Afrika.   

Lehanke het tydens die SA Kampioenskappe in Maart verlede jaar ‘n afstand van 24.65m behaal. Tydens die ASA Sub Youth Championships wat op 2 Desember plaasgevind het, het sy dié afstand verbeter na 32.18. Erich Wiese, haar afrigter, het gesê hy voorspel groot dinge vir die lenige meisie. 

Sy het met spiesgooi as atletiekitem in 2022 begin en presteer reeds verstommend.

Die skraal meisiekind is ‘n bekende gesig op die loopplank en het al heelwat skoonheidskompetisies ingepalm. Vir nou is haar visier op haar atletiek en moet modelwerk eers bietjie terug staan.

Haar kleinboet, Ryan staan ook nie terug vir ousus se prestasies nie en het ‘n goue medalje verwerf in turbo spiesgooi vir seuns o/9 by dieselfde byeenkoms in Desember. Hy is bo-aan die ranglys en het die SA rekord net-net gemis.