Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Gedurende die afgelope Noordwes Rolballiga wat oor drie naweke gespeel is, het heelwat van die plaaslike spanne uitsonderlik presteer en met twee goue en twee silwer medaljes uit die stryd getree.

Die ligas was goed verteenwoordig deur al die klubs in Noordwes Rolbalstreek. In die mansliga het Johan van der Heever se span weggestap met die Premierliga se goue medalje. Johan en sy span moes Potchefstroom Country Club (PCC) se sterk verdedigende kampioenspan in die finale wedstryd klop om die goud te wen. Hulle het die knoop deurgehak en stap weg as die top mansligaspan in die provinsie. 

In die tweede liga het die span van Craig Dudgeon weggestap met ‘n silwer medalje en word hulle bevorder na die eerste liga vir 2025.
 
In die damesliga het die span van Carina van der Heever die uitspeelwedstryd, om goud en silwer, gewen teen nog ‘n Klerksdorpspan van Irene Raath. Carina en haar span wen die goue medalje en Irene en haar span wen die silwer. Dit was ‘n besonderse prestasie vir Klerksdorp Rolbal om twee van sy spanne in die eerste liga te sien uitspeel vir top posisie. Carina en haar span is ook bevorder na die dames premierliga vir 2025.