PC Swanepoel is gekies om SA en Klerksdorp te verteenwoordig by die WAKO Wêreldkampioenskap (WK) in Hongarye vanaf 23 Augustus tot 1 September. Dit is sy tweede Wêreldkampioenskap en hy het sy Proteakleure verwerf. Hy is huidiglik die SA kampioen in sy gewigsklas van o/63kg. PC neem ook in Desember vanjaar aan die WAKO Afrikakampioenskap deel wat in Gauteng sal plaasvind. PC is 15 jaar oud en word afgerig deur Shihan Charl Pretorius van Klerksdorp Kickboxing.












