Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Rolbalklub het die Noordwes Veterane toernooi oorheers met beide mans- en damesspanne wat kampioene opgelewer het.
Die damesspan van Dalene Peens en Jillian Booth het hul titel as 2024 pare kampioene suksesvol verdedig deur die span van Corrie Breitenbach en Baybee Mojanaga (Potch Dorp) in die finaal te klop. Maro Nicolaou en Stacy O’Brein (Zeerust) en Elain Laubscher en Thelma Liversage (Klerksdorp) verower bronsmedaljes.