Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die grootste armdruk-klub in die provinsie is reg hier in Klerksdorp en spog met uitstekende resultate na die SA kampioenskap die afgelope naweek.
Vier van Kraken se lede het deelgeneem. Elkeen moes druk met beide linker- en regterarms. Die Kraken-klub is ‘n baie jong klub en dit is die eerste keer dat hulle aan die nasionale kampioenskap deelgeneem het.