‘n Jukskeitoernooi met 23 spanne het op Saterdag 13 September in Klerksdorp plaasgevind. Die A-afdeling het vyf spanne gehad, B-afdeling nege, en C-afdeling ook nege. Volgens die organiseerders is dit belowend as die B en C afdelings so goed doen, want dit beteken jukskei groei. Die Louis Lategan Trips is bygewoon deur Bothaville, Potchefstroom, Kroonstad, Leeudoringstad, Wolmaransstad, Klerksdorp, Swartruggens, Lichtenburg en Vereeniging.













