Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wolmaransstad sal op 9 Mei in hul dertiende Classic Clash teen mekaar te staan kom.
Vanjaar se kragmeting word aangebied op Wollies se tuisveld. Dit is al sedert 2012 ‘n sporthoogtepunt vir albei skole. Vanjaar sal die skole teen mekaar meeding in hokkie, netbal en rugby.