Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla gee die groen lig vir ‘n 11de Mediese skool by die Noordwes-Universiteit (NWU). Dit mag ‘n beduidende ontwikkeling vir Suid-Afrikaanse gesondheidsorgonderrig word.
Die minister se steun is die gevolg van volgehoue pogings deur die NWU Mediese Skooltaakspan, gelei deur Bert Sorgdrager, voorsitter van die NWU-Raad, en ondersteun deur sleutelfigure soos die NWU se visekanselier prof. Bismark Tyobeka en kanselier dr. Anna Mokgokong.

Samewerking met Noordwes Provinsiale regering, onder leiding van die Premier, het ‘n belangrike rol gespeel om hierdie mylpaal te bereik, het die universiteit gesê. Met hierdie hoëvlakondersteuning sal die NWU indringende gesprekke met die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie en die Departement van Hoër Onderwys voer.
Hierdie gesprekke sal fokus op die finalisering van die besonderhede van die NWU Mediese Skool, insluitend kurrikulumontwikkeling en akkreditasie, in oorleg met die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.
Voorstelle sluit in:
- ‘n Gemeenskapsgebaseerde en verspreide kliniese opleidingsplatform wat ‘n omvattende leeromgewing bevorder.
- ‘n Sesjaar programstruktuur, met drie jaar elk van geïntegreerde pre-kliniese en kliniese opleiding, gevolg deur internskap en gemeenskapsdiens.
- Klerksdorp/Tshepong-hospitaalkompleks en geaffilieerde instellings in die Dr. Kenneth Kaunda-distrik as die aanvanklike kliniese opleidingspersele gebruik sal word.
- 2028 begin met ‘n inname van 50 studente, met planne om die inskrywings te verhoog namate die program ontwikkel.