Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Breëstraat in Lichtenburg het in Februarie broodnodige opknappingswerk ondergaan nadat die AfriForum-tak op dié dorp dit op hom geneem het om dit vir inwoners meer begaanbaar te maak.
Die tak het verlede maand altesaam 284 slaggate in Breëstraat opgevul. Dit het 30 ton teer en ’n drom ss60 bitumen geverg om eindelik al dié slaggate gevul te kry. Die tak het ook twee stoptekens in Breëstraat opgerig, wat deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit verskaf is.

Die munisipaliteit het op sy beurt verf gebruik, wat deur die tak geskenk is, om die padmerkers by die stopstrate te verf. Die landbouonderneming NWK, Scott’s Manor-gastehuis en AfriForum se Lichtenburg Teerprojek het elk tien ton teer geskenk om hierdie broodnodige padprojek te ondersteun.

Pine Pienaar, AfriForum se projekleier van die slaggatprojek in Lichtenburg, sê hierdie grootmoedige bydraes het ’n betekenisvolle impak gehad op die tak se vermoë om die gemeenskap te dien. “Sonder die voortdurende ondersteuning van plaaslike ondernemings soos dié sou ons nie so vinnig hierdie verbeterings aan Breëstraat kon aanbring nie,” sê Pienaar. “Ons glo dat hierdie projek ’n sprekende voorbeeld is van hoe samewerking tussen plaaslike ondernemings en AfriForum ons gemeenskap kan help verbeter.”
Die Lichtenburg-tak het die gemeenskap aangemoedig om met AfriForum hande te vat sodat al die slaggate op die dorp eindelik opgevul kan word. Kontak Pine Pienaar op 082 371 5312 of Jan Buscop van AfriForum se Lichtenburg Teerprojek op 082 200 8075 vir verdere vrae oor hierdie projek of om by toekomstige projekte betrokke te raak.