NOORDWESTER – COLIGNY – Gebore met Mosaìc Down Syndroom is Hannes-Walt de Klerk ‘n uitsonderlike man.
Hy woon saam met sy ouers in Coligny, ‘n klein plattelandse dorpie in die Noord Wes provinsie. Hannes-Walt het al soveel in sy lewe bereik omdat hy baie van atletiek hou. Hy was al verskeie kere oorsee waar hy aan byeenkomste deelgeneem het en ook presteer het. Hierdie jaar is die Spele in Turkye en gaan hy aan die Trisomy Spele in Antalya, Turkye deelneem. Hannes-Walt gaan spiesgooi, gewigstoot, diskus en 800m Stap.
Lichtenburg SAPS misdaad oorsig
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer, Stasiebevelvoerder van Lichtenburg SAPD spreek sy kommer uit teenoor die skerp toename in misdade. Spesifiek aanranding, roof, inbrake, veediefstal, bedrog, voertuigkaping en besigheidsroof.
Bekeer se dit bekommer hom dat die mensdom nie in vrede met mekaar kan saam leef nie. Aanrandings vind gewoonlik plaas wanneer mense onder die invloed van alkohol en of dwelms is. Bydraende faktore tot roof is gewoonlik gierigheid, alkohol en dwelms. Ons is almal daarvan bewus dat Lichtenburg tans gebuk gaan onder beurtkrag maar kriminele maak juis daarvan gebruik om inbrake te pleeg. Besigheids eienaars word versoek om te belê in teiken bewuswording. Kriminele beweeg rond om sagte teikens te identifiseer.
AfriForum-buurtwag fnuik Lichtenburg-motorfietsdiewe se planne
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-buurtwag in Lichtenburg het vandeesweek in samewerking met die Omgee-buurtwag daarin geslaag om vermeende diewe se planne te fnuik deur op drie motorfietse beslag te lê wat dié verdagtes vermoedelik gesteel het.
Dele van die Burgersdorp-woonbuurt gaan die afgelope tyd gebuk onder ’n reeks motorfietsdiefstalle. Twee motorfietse is onlangs uit die gebied gesteel, en Dinsdag (5 Maart) in die vroeë oggendure is die Lichtenburg-buurtwag van nóg ’n voorval in kennis gestel.
So raak beurtkrag die gemeenskap
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Beurtkrag het ‘n negatiewe invloed op baie sektore regoor Suid-Afrika. Kragonderbrekings lê die land lam.
Beurtkrag het ‘n kritieke impak op huishoudings, besighede, maatskappye en verbruikers regoor Suid-Afrika, wat lei tot ‘n dalende ekonomie wat daagliks miljarde rande bloei. Volgens buitelandse beleid, indien beurtkrag nooit plaasgevind het nie, kon die land se ekonomie 17% groter wees as wat dit tans is. Voeg hier by opvoedkundige instellings, landbousektore, plaaslike en internasionale toerismebedryf, kleinsakeondernemings (KMMO’s), gesondheidsorgverskaffers en vele ander noodsaaklike dienste.
Bayer DEKALB se Bielie-boeredag
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Boere moet elke dag vele uitdagings die hoof bied, insluitend die onvoorspelbare natuur. Hulle lewer onskatbare bydrae tot landbou en die ekonomie van ons land.
Ons wil graag elke boer bedank vir hul bywoning en interaksie met die onlangse Bayer DEKALB Boeredag wat gehou was te Rietgat, Lichtenburg op Donderdag, 7 Maart 2024. Boeredae bied ‘n gunstige geleentheid vir Bayer, as industrieleier, om direk met boere te skakel om inligting, idees en tegnologie uit te ruil.