NOORDWESTER – LICHTENBURG - Baie geluk aan al die atlete van Laerskool Lichtenburg wat presteer het by Laerskool Moorivier se Prestige Atletiekbyeenkoms Vrydag, 26 Januarie in Potchefstroom.
Dudfield Hengelklub presteer
NOORDWESTER – DUDFIELD - Die Junior o/19 Suid-Afrikaanse Varswater en Oewer Federasie Kampioenskappe het plaasgevind by Bloemhofdam gedurende Desember 2023.
Vier klublede van Dudfield hengelklub was ingesluit in die NoordWes span. Johan Deysel, Neethling Roux, Stephan Myburg en Tobie Myburg.
Lichtenburg Gholfklub Nuus
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar word elke jaar ‘n putjiespel uitklopkompetisie deur Lichtenburg Gholfklub aangebied (enkels sowel as pare). Hierdie jaar was geen uitsondering nie en baie lede het vir beide kompetisies ingeskryf. Laubstar Fleet Services en Tacet Transport het as borg van die kompetisie opgetreë terwyl ZAK Finansiële Dienste die borg van die plaatkompetisie was. Lichtenburg Gholfklub bedank vir Bennie en Reytjie Laubscher (Laubstar en Tacet) en Izak Brand (ZAK) dat hulle bereid was om hierdie gesogte kompetisies te borg.
Markus is besig
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Markus Fourie, ons eie Kendo-kampioen daar uit Shanghai, China sê dit is koud daar.
Markus is tans besig met voorbereiding vir twee groot kompetisies in Januarie. Die eerste kompetisie is die jaarlikse “South China Championships” vanaf 5-7 Januarie 2024 in Quanzhou. Die daarop volgende naweek sal hy deelneem aan die Shanghai manskampioenskappe in Shanghai. Die volgende paar weke sal toewydig en deursettingsvermoë verg en baie lang ure se oefening.
Coligny Boxing Club
NOORDWESTER – COLIGNY – Saturday 18 November 2023 was a big day for Coligny Boxing Club.
Coach Tshepo Seponkane represented the North West Sport Awards. Even though he did not obtain the cup for Volunteer of the Year, he received a certificate: Recognition being in the Top 3 Volunteer in North West 2023.
Coligny Boxers also attended a tournament in Boikhutso, Lichtenburg, where they were represented by five boxers. Vuyani Sebolao won his encounter while the other unfortunately lost theirs.