Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Baie geluk aan die atlete wat medaljes verower het by die Super 8-byeenkoms wat by Laerksool Risiville plaasgevind het.

Agter v.l.n.r Juan Weber (gewigstoot derde), Luzanne Bothe (hoogspring derde, verspring eerste), Jessika Seymore (gewigstoot eerste, spiesgooi tweede), Heinrich du Preez (hoogspring derde), Miané Wessels (hoogspring derde), Wihanru Aspeling (1200m derde). Voor v.l.n.r. Mienke Ludick (1200m derde), Matthew Scholtz (80m tweede, 100m derde), Lian Liebenberg (verspring tweede), Junior Mziom (100m derde), Jomé Matthee (60m eerste, 80m eerste), Masego Suping (80m derde, 100m derde). Afwesig Ayvah Mans (80m tweede).

NOORDWESTER – DUDFIELD - Die Junior o/19 Suid-Afrikaanse Varswater en Oewer Federasie Kampioenskappe het plaasgevind by Bloemhofdam gedurende Desember 2023.
Vier klublede van Dudfield hengelklub was ingesluit in die NoordWes span. Johan Deysel, Neethling Roux, Stephan Myburg en Tobie Myburg.

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar word elke jaar ‘n putjiespel uitklopkompetisie deur Lichtenburg Gholfklub aangebied (enkels sowel as pare). Hierdie jaar was geen uitsondering nie en baie lede het vir beide kompetisies ingeskryf. Laubstar Fleet Services en Tacet Transport het as borg van die kompetisie opgetreë terwyl ZAK Finansiële Dienste die borg van die plaatkompetisie was. Lichtenburg Gholfklub bedank vir Bennie en Reytjie Laubscher (Laubstar en Tacet) en Izak Brand (ZAK) dat hulle bereid was om hierdie gesogte kompetisies te borg.

Read more …Lichtenburg Gholfklub Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Markus Fourie, ons eie Kendo-kampioen daar uit Shanghai, China sê dit is koud daar. 
Markus is tans besig met voorbereiding vir twee groot kompetisies in Januarie. Die eerste kompetisie is die jaarlikse “South China Championships” vanaf 5-7 Januarie 2024 in Quanzhou. Die daarop volgende naweek sal hy deelneem aan die Shanghai manskampioenskappe in Shanghai. Die volgende paar weke sal toewydig en deursettingsvermoë verg en baie lang ure se oefening.

Read more …Markus is besig

More Articles …