NOORDWESTER – LICHTENBURG - Ruan du Plooy, oud-Liggie, studeer tans aan NWU in Potchefstroom.
Verlede jaar het hy 16de geëindig en vanjaar kwalifiseer hy weer (o/23) vir die Suid-Afrikaanse poolkampioenskappe in die Kaap wat van 23 September tot 1 Oktober plaasvind. Die kostes is baie en om fondse of donasies te kry, bied hulle ‘n lekker poolkompetisie aan.
Bloumasjien stoomroller voort
Die Bloumasjien speel Saterdag in die halfeindstryd vir die Noordvaal-beker teen Die Anker. Die manne is nog onoorwonne op hulle tuisveld. Ons vra dat elke liewe Liggie, oud-Liggie en gemeenskaplid hulle sal ondersteun; Saterdag, 17 Augustus om 12:30 op die Fanus Booysen Sportterrein. Verlede week het die span twee wedstryde gespeel en gewen: Pietersburg 36-10 met Rea Motsusi as Man van die wedstryd en Ben Voster 20-13 met Oratile Sekoto as Man van die wedstryd. Die Liggies se o/14A rugbyspan speel ook in die halfeindstryd vir die Noordvaal-beker teen Wesvalia Saterdag, 17 Augustus om 08:30.
Liggies verower medaljes
Tydens die Noordwes-Noord landloopkampioenskappe in Zeerust het drie van Laerskool Lichtenburg se atlete medaljes verower. Hulle is Wihanru Aspeling (goud),
Mianke Liebenberg (silwer) en Mienke
Ludick (brons).
Burgersdorp- hokkie spog
Burgies spog met twee boeties in die eerste- seunshokkiespan,
Ruan en Arno Blignaut en twee sussies, Karli en Danika Breytenbach in die eerste-meisieshokkiespan.
Ondersteun Liggies se Bloumasjien Saterdag
Die Bloumasjien, Hoërskool Lichtenburg se 1ste rugbyspan, is vanjaar nog onoorwonne op hulle tuisveld! Hulle speel hulle derde tuiswedstryd Saterdag, 27 Julie teen Hoërskool Secunda. Die afgelope twee naweke het hulle in die Noordvaal-toernooi teen Hugenote en Die Anker gespeel. Die Bloumasjien het Hugenote vermorsel met 27-14 en Liggie, Dundré Dempers is aangewys as Speler van die wedstryd. Hulle wen ook 37-26 teen Die Anker met Liggie, KG Legodi wat as Speler van die wedstryd aangewys is.