Laerskool Lichtenburg se tweede hokkiespan is die wenners van die Klerksdorpsirkel in die Kenneth Kaundastreek. Hulle is agter van links: Lisa Weber, Miya Hendriks, Limari Brit, René Aspeling (afrigter), Diné du Plessis, Chrizane Smit, Lesego Suping, Roe-Ané J. van Rensburg (afrigter), Miandri Schroeder en Zeldri Killian. Voor is Helené Henderson, Kaylie Aspeling, Nenieke de Beer, Kayleigh Roode, Inge Hesse en Anelleri Lombaard (doelwagter).
Nasionale Sewestoernooi wink vir Burgies
Michael Bondesio en Rea Tsetse van Laerskool Burgersdorp is opgeneem in die o/12 Luiperds-sewesgroep wat gedurende die vakansie aan die Nasionale Sewestoernooi gaan deelneem.
Afrimat Lichtenburg Rolbalklub
Afrimat Rolbalklub het onlangs ‘n prysuitdeling gehad en ook algemene jaarvergadering gehou om die nuwe bestuur te verkies: Schalk van der Merwe (president), Hannes Kruger (vise-president), Johan Buitendag (tesourier), Marthina Wessels (sekretaresse), Ronel Olivier (kompetisie-sekretaresse), Marthina Wessels (addisionele lid) en Harry Herbst (perkopsigter).
Lichtenburg BUG Gimnastiek
Gimnaste van Lichtenburg BUG Gimnastiek het op 9 Augustus deelgeneem aan die Distrik Kwalifikasie-byeenkoms in Klerksdorp en gekwalifiseer om deel te neem aan die Noordwes Kampioenskappe op 30 Augustus. Agter: Zanné Kleingeld, Miané Botha, Thahasello Mphehlo, Christine Jansen van Vuuren, Sumari Nel, Clarike Cronje en Marize Maree. Middel: Jason Nel en Gift Mphehlo. Voor van links: Tiffany Janse van Rensburg, Milija Botha, Amy Nel, Mia van Straaten, Hanna Schlebusch, Hlolo Mphehlo, Juanri Swart, Miané Ebersohn, Anzé Buys en Mamello Malie. Insetsel: Imke van der Walt.
Rugby skop op hoë noot af
Die rugbyspanne van Hoërskool Lichtenburg het die naweek teen Hoërskool Ben Vorster gespeel in die Noordvaal Rugbyliga. Die Bloumasjien wen 35-24 met MC Shanahan wat as Speler van die Wedstryd aangewys is. Die volgende spanne het ook geseëvier: O/14 B wen 29-24 met Speler/s van die Wedstyd Armiston Watson en Luhen Vermaak. O/15A wen 16-13 met Speler van die Wedstyd Jancus Stander en O/16A wen 10-7 met Speler van die Wedstryd Jaco Lotter.








