Leerders van Laerskool Burgersdorp wat aan die SA Tiska Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het en verskeie prestasies behaal
het is (van links) Jovan van Niekerk, Janco van Niekerk, Duan van Aswegen, Lené Jansen van Vuuren en Ruan Jansen van Vuuren.
ATKV Gholfdag slaan kishou vir Emrike Leersentrum
Die ATKV is ‘n rigtinggewende, inklusiewe organisasie ter bevordering van Afrikaanse taal en kultuur. Die ATKV- tak Lichtenburg hou ‘n jaarlikse borgdag vir ‘n genomineerde begunstigde. Hierdie jaar het hulle op Emrike Leersentrum besluit nadat hulle die skool besoek het om Leesprogramme te oorhandig en toe die werk gesien het wat die skool doen. Die gholfdag het die afgelope Dinsdag plaasgevind en daar het 48 golfers afgeslaan in 12 spanne van vier elk. Emrike Leersentrum en NWK 4Sure het gesorg vir kos en drinkgoed deur die dag.
Noordwes eindig derde
By die Suid Afrikaanse Poolkampioenskappe wat onlangs in die Kaap gehou is, het die 0/23 mansspan van Noordwes derde geeïndig.
Die spanlede is hoofsaaklik van Potchefstroom. Baie geluk, dit is ‘n groot prestasie. Van links is Wilden Stokes (spanbestuurder), Duan Pretorius, Ruan du Plooy, Marco Botha, Wilroux Paulsen (kaptein) en Quintin Marais.
Absa Run your City
NOORDWESTER - LICHTENBURG - South Africa’s Glenrose Xaba and Kenya’s Gideon Kipngetich closed off the 2024 Absa Run your Ciy Series in style on national Heritage Day (Tuesday, 24 September) with convincing victories at the Johannesburg leg of this race.
Burgies sportprestasies
Baie geluk aan die meisies-krieketspan wat die kwartfinaal gewen het.
Hulle dring deur na die semi-finaal teen Mooirivier.