Riehané Kleynhans van Emrike Leersentrum het tydens die skoolvakansie aan die Nasionale Junior Jujitsu-kampioenskappe deelgeneem in Rustenburg.
Riehané verower ‘n eerste en tweede plek.
Baie geluk.
Riehané Kleynhans van Emrike Leersentrum het tydens die skoolvakansie aan die Nasionale Junior Jujitsu-kampioenskappe deelgeneem in Rustenburg.
Riehané verower ‘n eerste en tweede plek.
Baie geluk.
Warriors Jujitsu het die naweek van 4 Oktober deelgeneem aan die Nasionale Jujitsu-kampioenskappe in Rustenburg. Die Warriors het hard baklei en medaljes verower. Voor: Elsmari Meyer (brons), Ruan du Toit (goud en silwer), MC Malan (brons) en Dihanro Botes (ondersteuner). Agter: Riehane Kleynhans (silwer), Maunique Miller (brons), Yodancha David Botes, Armand Botha (brons en silwer), Divan Botes (brons), Erich Grove (silwer en brons).
Die o/11 Sewesrugbyspan wen die toernooi by Mafeking Rugbyklub verlede Saterdag.
Hulle is agter van links: Mnre Willem Nortman, Anrich Albers en Wian Nortman (afrigters). Middel: Arrie van Niekerk, Corey Clayton, Matthew Scholtz, Phillip Maritz, Jamaine Smith, Kganya Phale, Frans Breedt, MJ Nel en Zandré Labuschagne. Voor is Lean van Niekerk en Vincent-Lee Francisco.
Die Noordwes BCVO skaak- en landloopkampioenskappe het plaasgevind by Marico CVO in Groot-Marico. Die leerlinge van CVO-skool Lichtenburg het puik presteer en verskeie plekke behaal. Die BCVO SA’s vind dan ook plaas op 3 Oktober in Orania. Voor is Jadrian Schlebusch (derde plek seuns o/8 landloop), Joshua van der Westhuizen (eerste plek seuns o/7 landloop en eerste plek o/7 skaak), SJ van der Westhuizen (tweede plek seuns o/7 landloop en tweede plek o/7 skaak), Hanna Schlebusch (tweede plek dogters o/9 landloop en tweede plek o/9 skaak) en Chelista Nel (derde plek dogters o/10 landloop.
Die naweek van 24 tot 27 Julie, het Lika Martens Du Preez Prag Fries Stoet verteenwoordig by die Toyota Friesian Winter Festival 2025 in Parys (Vrystaat). Lika is ‘n leerder van Laerskool Burgersdorp. Sy verower ‘n Kampioenskap, twee Reserwe Kampioenskappe en derde plek. Baie geluk.