STELLALANDER-VRYBURG: Ter viering van ’n eeu van Afrikaans as amptelike taal, maak FEDSAS dit nou vir gebruikers van Afrikaans selfs makliker om na die letter van die (onderwys) wet op te tree.
Die 2025-weergawe van die publikasie FEDSAS Sakpaswette: Skoolbeheer en die Reg vat al die belangrikste skoolwette en -regulasies op een plek, én in Afrikaans, saam. “Ons doelwit is om wetgewing, beleid en regulasies toeganklik te maak. Hierdie Sakpaswette is daarom FEDSAS se geskenk aan Afrikaans,” sê dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole. FEDSAS is ’n amptelike vennoot van die Afrikaans 100-veldtog, ’n jaarlange veldtog wat opbou tot Afrikaans se amptelike verjaardag op 8 Mei vanjaar.
DA vra rampbestuursverslag ná swaar oorstromings in Noordwes
Deur CJ Steyl – DA-woordvoerder in Noordwes oor Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake
STELLALANDER-VRYBURG: Die Demokratiese Alliansie (DA) het aan die Voorsitter van die Noordwes Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake geskryf met die versoek om ’n gesamentlike komiteevergadering te belê.
‘n Oproep tot verenigde optrede voor die 2025-brandseisoen
STELLALANDER-VRYBURG: Soos die droë wintermaande nader kom, vereis die dreigende bedreiging van veldbrande dringende en gekoördineerde optrede regoor die Noordwes-Provinsie.
Football legends descend on Vryburg for Workers’ Day festival
STELLALANDER-VRYBURG: Football fever is set to grip Vryburg this Workers’ Day, Wednesday, 1 May, as retired Bafana Bafana and Kaizer Chiefs central defender Fabian McCarthy brings a star-studded sports festival to town through his self-titled foundation, in collaboration with the South African Football Legends.
Mosaïekwerkswinkel sorg vir kreatiewe inspirasie by Bloemhof VLU
STELLALANDER-BLOEMHOF: Die Bloemhof-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag, 22 April 2025, ’n kreatiewe en leersame vergadering gehou toe Tienie Lewis ’n werkswinkel in mosaïekkuns aangebied het.
Mosaïek is vanjaar een van die kompetisiekategorieë, met die fokus op die maak van potstaanders. Tienie het self al die teëltjies aangekoop en die potstaanders laat vervaardig volgens die spesifieke groottes wat benodig word. Sy het aan die lede ’n alternatiewe metode gedemonstreer om die mosaïekstukke aan te bring, anders as die gebruiklike direkte plakmetode.