STELLALANDER-VRYBURG: Die VLV van Vryburg het op Woensdag, 25 Junie ‘n besondere spreker, Belinda te Baerts, verwelkom wat haar aangrypende reis met kwesbare kinders gedeel het.
Haar pad het op 15 Desember 2019 begin toe ‘n pasgebore baba, toegedraai in ‘n kombersie, buite haar huis gelos is.
Verdagtes in moordsaak van Kuruman verskyn in hof op vuurwapenaanklagte
STELLALANDER-GANYESA: ’n Gesamentlike intelligensiegedrewe operasie tussen die Noord-Kaap en Noordwes-polisie het gelei tot die inhegtenisneming van drie mans in verband met die moord op Katlego Moribe (38), wat op 1 Junie 2025 in Seoding Blok A, Kuruman, doodgeskiet is.
Vryburg gereed vir deurslaggewende stryd teen Leeutjies
STELLALANDER-VRYBURG: Die Vryburg Rugbyklub staan Saterdag, 28 Junie voor een van hul belangrikste toetse van die seisoen wanneer hulle om 15:30 op die Gert Lubbe-veld teen die magtige Leeutjies van Leeudoringstad te staan kom.
Vryburg-stoeiers blink uit by “Beast of the East”-toernooi
Vyf talentvolle stoeiers van Vryburg het die afgelope naweek, 21 Junie, aan die “Beast of the East”-toernooi in Pretoria deelgeneem – ‘n voorbereidingsgeleentheid vir die nasionale kampioenskappe wat later vanjaar plaasvind. Mikyala du Plessis en Henrico Kotzee het albei uitstekend presteer en goue medaljes huis toe gebring.
Stella se o/11’s gekroon as Noordwes-kampioene
Hoërskool Stella se o/11-rugbyspan het op Dinsdag, 17 Junie geskiedenis gemaak toe hulle met ’n puik vertoning die Noordwes Luiperds-kleinskole-finaal gewen het. Die span het Sanddrift met 10–0 geklop en is nou amptelik die 2025 Noordwes Luiperds Kleinskole-kampioen.