GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die Benede Oranjerivier se heel eerste Neutfees het pekanneut-entoesiaste en landbourolspelers van oral oor na die plaas, Sewenster, by Groblershoop gelok.
Die eerste fees het heel toepaslik in ‘n 30 jaar oue neutboord, een van die wat die begin van kommersiële pekan verbouing in die Benede-Oranjerivier afgeskop het, plaasgevind.
Dawie Roodt, bekende ekonoom is spesiaal ingevlieg om saam te kuier en om ernstig saam te praat oor die toekoms van ons pekanbedryf.
Hy het diepgaande insigte gedeel oor die wêreldekonomie, sowel as plaaslike en internasionale politieke ontwikkelings, met spesifieke verwysing na die gevolge van die Regering van Nasionale Eenheid (GNU) vir die Landbou sektor.
Roodt het beklemtoon dat boere vandag moet funksioneer binne ’n dramaties veranderde ekonomiese omgewing: waar sektore soos landbou en mynbou tussen 100 en 10 jaar gelede tot 80% van die primêre ekonomie bygedra het, maak dit vandag slegs 10–15% uit. Hier-die verskuiwing vereis dat boere hulself herposisioneer binne ’n meer inklusiewe, tegnologies-gedrewe en korporatief-gestruktureerde ekonomie.
Hy het ook drie noodsaaklike pilare vir ’n gesonde ekonomie uitgelig:
1. Beskerming van privaat eiendomsreg,
2. Bevordering van vrye handel en
3. Handhawing van lae inflasie.
Roodt het ook aangedui dat moderne boerdery ondernemings moet funksioneer soos gesofistikeerde entiteite, bestuur deur rade met uiteenlopende kundigheid. ’n Duidelike onderskeid moet getref word tussen eienaar, aandeelhouer en bestuurder. Boerdery vereis toenemend spe sialis vaardighede soos genetika, inge-nieurswese en elektronika ’n definitiewe verskuiwing weg van tradisionele praktyke na ’n meer tegnologies-gedrewe benadering tot landbou.
Tydens die geleent-heid het mnr. Kobus van Rensburg van SAPPA (South African Pecan Producers Association) uitgelig dat in ’n bedryf van net meer as 40 jaar, daar slegs 86 swart kommersiële boere met 10 hektaar of meer aktief is.
Deel van hierdie syfer is slegs vyf opkomende boerderybesighede in !Kheis wat sedert 2015 steun deur SAPPA ontvang het. Hierdie statistiek onderstreep die ernstige agterstand in transformasie en die behoefte aan werklike, volhoubare ingryping.
Volgens SAPPA is daar tans ongeveer 55 000 hektaar pekanneut boorde in Suid-Afrika, waarvan 35 000 ha reeds in produksie is. ’n Verdere 20 000 ha behoort binne die volgende sewe jaar in volle produksie te kom, ‘n beduidende aanduiding, van die bedryf se groei en potensiaal vir inklusiewe deelname.
NAFU !Kheis het intussen gesê hulle glo dat mentorskap, gestruktureerde opleiding, toegang tot markte en finansiële ondersteuning krities is vir volhoubare transformasie. Hier-die ondersteuning moet prakties, geïntegreerd en doelgerig wees, nie simbolies of oppervlakkig nie.
In ’n sterk verklaring het nog ’n spreker, Stoffel, die vraag gestel: “Hoe bemagtig ons die pekanneutprodusent ekonomies?” veral in ’n mark waar pryse grootliks deur internasionale verbruikers, soos China, bepaal word.
SAPPA se onlangse ontledings toon dat die vestiging van ’n pekanneutboord ’n langtermynbelegging is. Dit beteken dat:
• ± R131 000 per hektaar oor die eerste 8 jaar. • Totale investering van sowat R574 000 per hektaar.
• Met verwagte positiewe kontantvloei eers vanaf jaar nege.Daarbenewens dui beraamde syfers daarop dat produsente in baie gevalle eers tussen jaar 14 en 18 gelykbreek, afhangend van veran-derlikes soos grondverkryging en of die grond aangekoop is as deel van die trans-aksie. Hierdie uitdagings vereis nie net geduld en strategie nie, maar ook kundige bestuur. Die geleentheid is met trots bygewoon deur ons top struktuur en lede van ons tak onder die leiding van ons tak voorsitter, John Van Wyk. Ons teenwoordigheid is met waarde-ring erken deur André Smith, voorsitter van die Groblershoop Boerevereniging, wat die waarde van NAFU se teenwoordigheid en die noodsaak van samewerking tussen rolspelers in die landboubedryf sterk beklemtoon het. NAFU !Kheis glo dat ons lede, met die regte ondersteuning, ten volle in staat is om dié bedryf volwaardig te betree – soos bewys deur die voorbeeld van mnr. Dirk Louw van Silvermoon Investments, ’n pekanneutprodusent naby Topline.
Die Nedbank Neutfees 2025 het nie net kultuur en plaaslike ekonomie gevier nie, maar ook die ruimte geskep vir betekenisvolle gesprekke oor die toekoms van landbou en transformasie in !Kheis en Suid-Afrika in geheel.
“NAFU !Kheis herbevestig ons verbintenis tot samewerking, jeug-ontwikkeling, vaardigheidsopbou en die opheffing van opkomende produsente tot volwaardige ekonomiese rolspe-lers. NAFU !Kheis bly dus oop vir verdere gesprekke met die Groblershoop Boerevereniging, met die oog op die verdieping van samewerking en die bespreking van ons gedeelde rol as boere-unies in !Kheis Munisipale regsgebied.”