Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Sowat 50 lidmate van die AGS Lofoord-gemeente, het onlangs ‘n baie interessante kruie werkswinkel bygewoon, wat deur Barbara Lynn aangebied is.
Die groep het kom leer oor God se geneesplan vir liggaam en siel. Tydens die werkswinkel het die groep saam ontdek hoe die Here, in Sy wysheid, van die begin af reeds genesing in die natuur geplaas het. Nie in teenstelling met medikasie nie, maar as ’n aanvullende geskenk. 
God het nooit opgehou om in Sy skepping voorsiening te maak nie - Esegiël 47:12 “...en die blare daarvan sal dien as medisyne.”  Psalm 104:14 “Hy laat gras uitspruit vir die diere, en plante tot diens van die mens; om voedsel uit die aarde te bring.”


Barbara Lynn is ’n kruie-spesialis met jare se praktiese en geestelike kennis. Sy is bekend daarvoor dat sy nie net kruie verstaan nie, maar ook hoe God dit gebruik om liggaam, gees en emosies in lyn te bring. Haar benadering is vol wysheid, sagtheid en eerbied vir die Here se skepping. Sy glo vas dat God steeds ons Geneesheer is – en dat ons, as rentmeesters van ons gesondheid, Sy leiding mag volg.
“Barbara dra nie net kennis nie – sy dra salwing. En dit is wat haar werksessies so besonders maak.”
Die dames het geleer hoe om met droë en vars kruie ‘n aftreksel te maak waarmee hulle hul eie salf gemaak het, soos byvoorbeeld ‘n Bulbinella salf. Daarna het hulle oor verskeie kruie gesels en gekyk wat hulle doel is. Hoe om die grond voor te berei om kruie te plant en watter soort natuurlike insekdoder self gemaak kan word wat jy oor jou plante kan spuit. Die dames was baie opgewonde na die kursus en beplan wat hulle alles gaan aanplant en maak.
Barbara, ‘n oud onderwyseres,  die kursusleier, het in 2018 haar hart gevolg en die wêreld van die kruie betree. Haar ouers was albei in die mediese veld – haar ma was ’n suster by Panorama Hospitaal en haar pa ’n paramedikus in die weermag. Kruiekennis het oor generasies in hul familie gevloei, en dit was vir haar net natuurlik om hierdie pad te volg.
Die afgelope sewe jaar help sy mense om op ’n natuurlike manier gesond te word, veral om pyn te verlig en kwaliteit van lewe te herstel.