Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Willem Myburgh se haarsalon, langs Upington Glaswerke, is al vir 35 jaar deel van die Upington gemeenskap. Vrydag sny Willem vir die laaste keer hare op Upington.
En so eindig sy jarelange verbintenis met Upington .
Dis was nie vir Willem maklik om die besluit te neem nie. Want, na 35 jaar, het sy kliënte al sy familie geword.
Toe ek by die salon instap, was ek so gelukkig om juis twee van Willem se ou kliënte, oom Giel Steenkamp en Harry Lensing in die salon te kry.
Met die opdrag van ds. Gert Barnard, “om maar ‘n bietjie hard te  praat,” groet en vriendelik en sê sommer dat ek wil kom gesels oor al die jare se haarsnyery. Dit was met hartseer en verbasing wat oom Giel en Harry die nuus moes aanhoor.


Oom Giel Steenkamp, wat 42 jaar in die boubedryf was, het die salon gebou. Hy onthou nog hoe hy Willem gevra het, “ou Willem, jy moet nou vir my sê wat wil jy waar hê”. 
Harry het genoem dat hy nog al die jare by Willem hare sny, vandat hy by die munisipaliteit begin werk het. Hy het toe hardop gewonder by wie hy nou sy hare gaan sny.
Willem hou darem nie heeltemal op om hare te sny nie. Hy gaan nou net by sy huis op Keimoes hare sny. Hy sê toe hy in 1989 heen en weer begin ry het, het dit hom R10 gekos, nou kos dit R290.
Willem se pa, oom Jan, was al die jare ‘n barbier op Keimoes en dit is waar Willem sy nering geleer het. Hy het eers 11 jaar op Keimoes, in die Hoofstraat, hare gesny en toe in 1989 op Upington begin sny.
Hy sê ‘n goeie barbier, “onthou sy kliënte se koppe. Waar is moesies, het ‘n persoon draaihare, waar is ‘n kroontjie en by alles, moet ek onthou hoe die persoon sy hare gesny wil hê.”
Willem het aan my genoem dat hy ook ons vorige redakteur, Douglas Jones, se hare ‘n paar keer gesny het. Hy het ook oom Trompie Burger se hare gesny, asook die “spietkop”, Basie van Niekerk. Hy dink met heimwee terug aan Nicky Badenhorst wat oorlede is, ook aan oom Jan Steenkamp, sy groot ou vriend, ook aan Fanie Kruger, Ernie Walker, Ronnie Naude, Rip van Wyk en Jan Lubbe, om maar net ‘n paar te noem.
Hy sê die doodsengel is sy grootste vyand, nie net verloor hy kliënte nie, maar ook vriende van baie jare. “Dit vat aan ‘n mens, dat jy elke keer moet afskeid neem van ‘n vriend.”
“Die Steenkamps het al familie geword. Elke Vrydag  het ek, Giel en Jan voor die salon vleis gebraai. Dan loop almal hier verby en en ruik net die smaaklike braaivleis.
Hy sê hy het baie Upingtonners voor hom sien oud word en hy het saam met baie oud geword. “Ons het baie stories in hierdie salon gepraat, diep dinge en hartseer gedeel, maar ook lekker gelag. Soms het ek al die storie gehoor, maar dan “umm en aah” ek maar. 
Willem sê hy gaan sy kliënte op Upington baie mis, “maar ek sit nog nie my knipper neer nie. Ek het ‘n ten volle toegeruste salon by die huis, waar ek en my vrou hare sny, Hy groet met ‘n hartseer glimlag, “kom kuier by my, ek sal op my pos wees.”