Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-GRIEKWASTAD: Die 91ste Sirkelkonferensie is aangebied deur Griekwastadtak met die tema “Hippie Chic”.  
Die gaste was in die tema aangetrek en tafels helderkleurig gedek in kolle en strepe.  ‘n Koedoe onder ‘n kameeldoringboom in die saal het herinner aan die Griekwaland-Wes.
Sprekers was dr Jess De Bruyn wat gaste ingelig het oor alternatiewe genesing, om stres te verlig, gesonde eetgewoontes en natuurlike middels.  R&J Fire Arms het waardevolle inligting verskaf oor die vuurwapenwet, wapenopleiding en beveiliging

.  
Anzil Kulsen, bekroonde skryfster, was die gasspreker oor “Ons jeug, Ons toekoms”.  Sy het ook die woordkuns beoordeel.  
Gaskunstenaar, John Nelson, het die gaste vermaak met sy pragtige sang en het ligte liedjies asook lofliedere gesing.
Die Dankiepersoon was Tokkie Fourie van Niekerkshooptak wat groot liefdadigheidswerk in die gemeenskap doen met ‘n eie kliniek wat sy bedryf.  
Die sterlid was Linda Jansen van Griekwastadtak vir uitstaande werk in die tak.  Lede het vlytig deelgeneem aan die kompetisies en artikels was van hoogstaande gehalte.  
Die tak wat die meeste punte behaal het, was Voloptak.  
Die termyn van ons huidige sirkelpresident, Machel van Niekerk, het ten einde geloop en die nuwe sirkelpresident, Saretha Pieterse, is verkies en word gelukgewens.  Mag die Here haar seën gedurende haar termyn.
      ** Berig deur Jorietha Kirsten