Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Net voor vanjaar se Upington  Landbou Expo, het Desert Beef ‘n Skaap- en Bees Voerkraaldag aangebied.
99 Beeste en 160 skape was ingeskryf vir die slagkompetisie. 
Van die beesrasse wat aan die kompetisie deelgeneem het, was: Angus, Brangus, Bonsmara, Santas, Susex, Jersey, Draughtmasters en Bonsmara kruisings.
Voor die tyd het almal die beeste besigtig, waarna daar begin slag is.


Die sprekers wat opgetree het, was dr Coreen Visser (plaaslike veearts), dr. Gerrit Neethling en mnr. Dries Rupping. Dr Visser het gesels oor siektes by skape, dr. Neethling oor die wetgewing wat betref vleisveiligheid in Suid-Afrika en Dries het gesels oor stelselteling wat hy toepas en die seleksiemetodes van sy skaaptroppe.
Daarna kon die gaste die karkasse besigtig. Desert Bees is een van die beste slagpale in die land, so dit was ‘n groot voorreg om te sien hoe hulle daar te werk gaan.
Sommige gaste het ook die voerkrale besoek, waarna ‘n heerlike Desert Beef steak-ete bedien is.