Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Sirkel Noordwes-Kaap se Marydale tak het die sirkel se 94 st konferensie aangebied  ondanks moeilike omstandighede. 
By gebrek aan ’n geskikte lokaal het die konferensie plaas gevind in die pragtige NG Kerk. Krag onderbreking en watertekort het gedreig, maar alles het ongelooflik glad verloop en die taklede wat baie kilometers uit die dorp bly kan hulself op die skouer klop vir ’n uitstekende konferensie .

Leefstyl: Me Landi de Beer  praat oor die verskillende figuur-vorms waarin dames kan pas.

         
Sy begin deur te sê: Werk aan jou lyf en aanvaar jou lyf. Begin deur kaal voor `n spieël te staan en na jou lyf te kyk. Besluit waarvan jy nie hou nie, maar sien ook dit raak wat mooi is. Sy identifiseer 5 figure – die  peer-, die appel-, die omgekeerde driehoek, die uurglas en die reghoek. Al die “foute” kan reggestel of gekamoefleer word deur die regte kleur, lyne, patrone en die helderheid of dan net van die kleur op die regte plek te gebruik.

 Gesondheidspreker me. Celia Tredoux tree as spreker op vir die portefeulje. Sy praat oor geestesgesondheid en die stap van die Comino. Dis eintlik  ironies dat so baie mense sukkel met geestesgesondheid, maar dat daar so min inligting  daaroor beskikbaar is.
 Sy doen `n beroep op ouers om hulself af te vra: moet my kind die beste wees of moet hy   gelukkig wees? Dis `n toestand wat jou stil-stil bekruip en gewoonlik is jy so besig, want ons is mos almal maar  “people pleasers” en dan is dit `n klein dingetjie wat die damwal laat breek. Sy doen `n beroep op ons om mooi na onsself te kyk. 
 Wat ons elkeen moet weet:  Jy is uniek. Jy moet prioritiseer. Om depressief te wees is nie `n skande nie. Dis nie `n swakheid nie. Elke dag het sy uitdagings. Ons is almal atlete in die resies. Raak ontslae van jou bagasie
  Wat jy kan doen: Praat daaroor, moenie opkrop nie, bly aktief, moenie jouself isoleer nie, eet gesond en gereeld, drink genoeg water, soek hulp, doen iets wat jy geniet, slaap genoeg.
 Die Comino is `n geestelike reis wat mense stap – elkeen om sy of haar eie redes. Dit het ontstaan toe Paulus na die onderskeie gemeentes gestap het. Jy moet stapfiks wees en jou voete moet ingestap wees. Dis `n strawwe stap en jou eindbestemming vir die dag, soms selfs 30 km ver teen ‘n stywe pas op moeilike terrein. Dis `n staptog wat sprekend is van die lewe –  soms stap jy teerpad en ander dae moet jy modder en slaggate trotseer. Op die reis, van meer as 796km (hang af waar jy begin en eindig) ontdek jy baie van jouself, jy leer dat jy met min kan klaarkom, jy mis jou mense en jy maak vriende van alle nasionaliteite en alle godsdienstige  denominasies.