Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-TWEERIVIEREN: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), in vennootskap met die Endangered Wildlife Trust (EWT), is opgewonde om ‘n nuwe leeu-navorsingsprojek in die Kgalagadi-oorgrenspark aan te kondig. 
Hierdie belangrike studie sal  help om die leeubevolking in die park beter te verstaan, insluitend hoeveel leeus daar woon, waar en hoe hulle in die landskap beweeg.
Leeus speel ‘n belangrike rol in die handha- wing van ‘n gesonde ekosisteem. Om hulle behoorlik te bestuur, benodig ons akkurate inligting.

 
Daarom sal ons spanne die volgende paar maande in die veld wees en kameras, spore, waarnemings en ander veilige, nie-indringende metodes gebruik om inligting in te samel. Elke leeu het unieke kenmerke soos snorvlekke en littekens – wat ons help om hulle individueel te identifiseer.
Besoekers aan die Park mag navorsingsvoertuie opmerk wat met SANParke- of EWT-logo’s gemerk is. Hierdie spanne mag kortliks toegang tot die leeus kry vir navorsingsfoto’s. 
SANParke vra alle gaste om hulle vriendelik ruimte te gee en ondersteuning te toon deur re-spekvol te bestuur en nie die gebied te oorvol nie.
Hierdie vennootskap is ‘n groot stap vorentoe vir leeubewaring, en ons is trots om die publiek te betrek by die beskerming van hierdie ikoniese diere.