Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Die wenners van die 2023/24 ORPA-Tafeldruifblokkompetisie is tydens die terugvoergeleentheid en prysuitdeling, wat op 18 Maart 2024 by Dundi Lodge naby Augrabies gehou is, bekend gemaak.
Ses jong produksieblokke en tien volwasse blokke, verspreid vanaf Onseepkans tot by Kakamas, het ingeskryf. Twee blokke het onttrek omdat hulle begin oes het.
Die beoordelaarspan was Eunice Avenant (SATI & SU), Petrie de Kock (BASF), Trix Quixley (Nexus), Stefan Jordaan (Raisins SA) en Jan Avenant (Onafhanklike Navorser). 


Op grond van wingerdboukundige beoordeling van die blokke, wat op 6 en 7 Desember 2023 plaas gevind het, is die drie finalisblokke in elkeen van die kategorië bepaal en die wenners aangewys. 
Enige kultivar kon ingeskryf word mits gereed vir beoordeling in week van 4-8 Desember 2023.
Daar is twee kategorieë, naamlik Volwasse- (geplant in 2020 of vroeër) en Jong Produksieblokke (geplant in 2021 of 2022 en reeds in produksie)
Wingerdboukundige blokbeoordeling is gedoen volgens lang- en kort-termynpraktyke, voorkoms van oes, asook blokinligting verskaf tydens blokbeoordeling.
Uitslae:
Junior Produksieblokke:
Eerste - Wollie Wolmarans van Karsten Boerdery Klein Pella met ‘n blok Cotton Candy (IFG Seven).
Tweede - Wynie van Rooyen van Witklip Augrabies Pty Ltd met ‘n blok Sugar Crisp (IFG Eleven).
Derde - Paul Dippenaar van Gamcaip Grape Farms (Pty) Ltd met ‘n blok Timpson (Sheegene 2).
Senior Blokke:
Eerste - Henry van der Merwe van Valam Noudonsies van Sweet Globe (IGF Ten),
Tweede - Styrkraal Boerdery met ‘n blok Ralli Seedless.
Derde - Jacques van der Westhuizen van Valam Boerdery Pty Ltd TA Oorkant met ‘n blok Sweet Globe (IGF Ten).