Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Upington  hou weer vanjaar skou vanaf eerskomende naweek 4 - 6 April 2024.  Die skou gaan vanjaar groter en beter wees om ‘n rekordgetal uitstallers te akkomodeer. 
Die landbou afdeling word ook uitgebrei met meer uitstallers, inligting sessies en kompetisies. Die Upington Western Mounted Games Klub, tesame met ruiters van Kathu Western Mounted Games klub bied weer die gewilde perde vertoning aan vanaf 14:00 op die hoofarena. Die perde gaan afsonderlik teen mekaar en teen die tweewiel motorfietse meeding. Dit beloof om vol spoed en aksie te wees. 


Daar tree ook oor die drie dae ‘n verskeidenheid nasionale en plaaslike kunstenaars op die hoof- en Toyota verhoog. 
Die gebruiklike verskeidenheid eet- en drinkplekke is weer daar. Die Plaaswerf bied vermaak vir die hele gesin, veral die kleinspan met meer diere en spring- kastele en ‘n koffie-area. Terwyl die kinders hulself geniet by die Plaaswerf kan ma ‘n koppie koffie geniet. 
Die gebruiklike eet- en drinkplekke is ook weer daar.
 Die gemeenskap van Upington word versoek om asseblief die Skou te kom ondersteun en te geniet.