Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot eer het Upington te beurt geval toe die Borgward Klub van Suid Afrika die afgelope naweek (23 Maart 2024) besoek aan Upington gebring het.
Die besoek was deel van die klub se tweejaarlikse uitstalling wat in die verlede by die Gariepdam gehou is. Aangesien Upington baie sentraal is vir die eienaars van die fabrikaat Borgward, wat vanoor die hele land bymekaarkom om die uitstalling te hou, is daar besluit om dit vanjaar hier te hou.
Twaalf van dié uitsonderlike motors is uitgestal, waaronder ‘n Borgward bakkie, wat volgens een van die lede, een van slegs vier (4) in die wêreld is.


KOMK (Kalahari Oumotorklub) het die aange-leentheid aangegryp om die uitsonderlike voertuie te gaan besigtig en sommer die dag saam met die lede van die Borgward Klub deur te bring.
Die uitstalling is gehou by Schalk van Zyl se Reeva Resort en was ‘n groot sukses. Tydens die middagete het Johan van der Merwe namens die Kalahari Oumotorklub ‘n paar woorde gespreek en aan elkeen van die uitstallers ‘n bottel wyn vanuit eie bodem, namens KOMK oorhandig.
Om nog meer luister aan die geleentheid te gee het ons oudste lid en legende, Trompie Burger, saam met een van die Borgward-klub se lede (‘n kranige kitaarspeler) die teenwoordiges vermaak op sy boerepompie!
Dit was ‘n dag vol pret wat elkeen van die ou voertuig liefhebbers baie geniet het en ons sien uit daarna om hulle weer binnekort hier te sien.