Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-NAMAKWA: Mense van Richtersveld, Concordia, Hondeklipbaai en ander Noord-Kaapse dorpe het op Menseregtedag in Springbok opgeruk om ’n moratorium op alle nuwe mynaansoeke en die hernuwing van ou mynpermitte, te eis. 
Hulle eis dat staatsdepartemente sinvol by geaffekteerde gemeenskappe betrokke raak oor nuwe ontwikkelings.
Daar is vroeër in die media berig dat die Richtersveld-gemeenskap in 2003 ‘n landmerksaak in die konstitusionele hof, teen die staatsbeheerde diamantmynmaatskappy, Alexkor, gewen het.
‘n Skikking wat in 2007 bereik is, het die Pooling and Sharing -gesamentlike onderneming tot stand gebring, met Alexkor wat ‘n 51%-belang en die gemeenskap 49% deur die Richtersveld Mynmaatskappy, gehou.


Maar die gemeenskap het tot op hede min uit die skikking geput.
Mense het verlede Donderdag na die Springbok-sportstadion opgeruk en gesing: “Nama-grond is nie te koop nie”, “Ons het die reg om nee te sê”, en “Ons is die arme miljoenêrs van Namakwaland”.
Die aktivistegroep VVVT Namakwaland (Verniet Vooraf en Verligte Toestemming) het by hulle aangesluit.
By die stadion het verteenwoordigers van dorpe, waaronder Nababeep, Port Nolloth, Alexanderbaai, Kommagas en andere, hul ervarings vanaf die podium gedeel.
Inwoners  sê die regering en mynmaatskappye het van hulle “arm miljoenêrs gemaak”, want  hoewel die Richtersveld ryk is aan minerale hulpbronne, wat hulle miljoenêrs kan maak, kan inwoners “nie hul hande daarop sit nie”.
Shereen Fortuin, ’n gemeenskapsleier van Concordia, het gesê hulle het in November ’n memorandum aan die departemente van minerale hulpbronne en energie, landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en die Nama Khoi-munisipaliteit oorhandig.
Hulle moet nog antwoord kry.
Fortuin het gesê die doel van die optog was om hul grondwetlike regte op konsultasie te eis en dat hul grondregte gerespekteer word.
Gemeenskappe soos Richtersveld en Concordia het gemeenskaplike grondbesit deur die Wet op Transformasie van Sekere Landelike Gebiede.
“Ons wil in staat wees om besluite te neem oor wat oor en onder ons land gebeur,” het die groep se memo gelui. Dit lui verder dat “ten spyte van aktiewe mynbou in Namakwaland staar gemeenskappe hoë werkloosheid, gebrekkige infrastruktuur en swak toegang tot water en elektrisiteit in die gesig.
Optoggangers het ook geëis dat grond wat deur mynbou beskadig is, gerehabiliteer word. Hulle wil behoorlike konsultasie oor die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone en die Boegoebaai Groen Waterstof mega-projek sien.
Daar word beweer dat mense van die Richtersveld baie min inligting oor die projek ontvang het en dat hulle nie ’n sê oor hulle grond het nie. “Maar ons voorouers se bene lê daar,”.
Daar het ook onlangs konflik uitgebreek-  toe inwoners betoog het teen kopermynbou wat weer in Concordia begin het.
Mynbou is die hoofbedryf in die Noord-Kaap, ‘n provinsie ryk aan minerale hulpbronne. 
Terwyl die memorandum lui dat gemeenskappe nie teen ontwikkeling is nie, wil hulle hê dit moet met hul toestemming gedoen word.