GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum se Upington-tak het ’n formele skrywe aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin die organisasie vra vir duidelikheid oor alle mynverwante regte, permitte en omgewingsgoedkeurings binne dié munisipale gebied.
Dié versoek volg in reaksie op die ver-dagte mynbouaktiwi- teite wat aangemeld is in die omgewing van die Desert Palace Hotel & Casino Resort, die De Duine-vullisterrein en die Nakop-Askham-kruising (bekend as die Suidwes-kruising) in Upington.
Volgens die brief wat aan dr. Elias Ntoba, munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit, ge-rig is, vra AfriForum dat die munisipaliteit binne sewe werksdae besonderhede en dokumentasie verskaf oor alle mynregte of -permitte wat deur die munisipaliteit gehou of bestuur word.
Die burgerregteorganisasie vra ook dat alle inligting oor moontlike ongereguleerde of ongelisensieerde mynaktiwiteite – insluitend sogenaamde zama-zamas – binne die munisipale jurisdiksie bekendgemaak word.
“Dit is van kardinale belang dat mynaktiwiteite binne die wetlike raamwerk van die Wet op Minerale- en Petroleumhulpbronne plaasvind en dat die nodige omgewingsgoedkeurings vooraf verkry word,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.
“Onwettige of ongereguleerde mynbou hou ernstige risiko’s in vir die gemeenskap, die omgewing en openbare veiligheid. Ons verwag van die munisipaliteit om deursigtig op te tree en sy verantwoordelikhede na te kom.”
AfriForum wys daarop dat enige ontginning sonder toepaslike goedkeuring strafregtelike en siviele gevolge kan inhou. Die organisasie beklemtoon verder dat dit noodsaaklik is dat munisipaliteite aktief teen onwettige mynbouaktiwiteite optree en met relevante staatsinstansies saamwerk om wetlike nakoming te verseker.
Strauss sê dat AfriForum die inligting sal gebruik om die gemeenskap in te lig en, waar nodig, verdere regs- of omgewingsoptrede te oorweeg. Volgens Strauss wys foto’s wat aandui dat vragmotors duinsand, wat op verskeie punte in die munisipaliteit gemyn word, op grootskaal wegry.
In gevalle waar die bestuurders daaroor gekonfronteer of navraag oor die aktiwiteite gedoen is, is ontwykend gereageer oor die bestemming van die sand of is daar op die gevlug geslaan.
“Ons sal nie toekyk terwyl hulpbronne onwettig ontgin word, terwyl gemeenskappe aan gesondheids- en veiligheidsrisiko’s blootgestel word nie.