GEMSBOK-UPINGTON: Die feit dat COGHSTA skuld van R500 miljoen aan een implementeringsagent opgehoop het en nou bykomende hulpbronne uit die provinsiale beursie benodig, wek kommer oor die departement se vermoë om sy projekte te beplan, te befonds en te bestuur. Dit voorspel ook nie goed vir die gladde aflewering van die R1 miljard behuisingsprojek nie.
Begrotingsbesnoeiings is ‘n fiskale realiteit, maar nie die enigste oorsaak van uitstaande geld nie en daar word van die Noord-Kaap Provinsiale Tesourie en die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA) verwag om betalings met betrekking tot provinsiale behuisingsprojekte te prioritiseer.
Die LUR vir Samewerkende Regering, Bentley Vass het glo erken het dat COGHSTA R500 miljoen aan die Gap Infrastructure Corporation (GIC) skuld, wat as implementeringsagent vir talle behuisingsprojekte optree en wat nie kontrakteurs kan betaal totdat COGHSTA sy skuld vereffen het nie.
Een voorbeeld is betaling wat verskuldig is vir ‘n behuisingsprojek in die !Kheis Plaaslike Munisipaliteit. Finale voltooiingsertifikate is uitgereik, maar kontrakteurs wag steeds op betalings wat reeds in November 2024 verskuldig was.
Dit lyk asof hierdie departement, wat dikwels ‘n gebrek aan kapasiteit aan die kant van plaaslike kontrakteurs blameer, gebrekkige geotegniese verslae uitgereik het - wat bykomende toerusting en kundigheid vereis wat uit die kontrakteurs se eie sakke betaal word.
Kontrakteurs sukkel glo om vergoed te word vir hierdie bykomende koste, wat nog te sê om betaal te word vir die omvang van die werk wat in hul kontrakte bepaal word.
Mnr Tebogo Monyo, woordvoerder van die departement aan die Gemsbok bevestig dat die LUR van COGHSTA, mnr. Bentley Vass, met me. Rhooda en me. Opperman, wat albei lede van die Wetgewerportefeuljekomitee oor COGHSTA is, asook die HOD, mnr. Bafedile Lenkoe, en ander uitvoerende en senior bestuurders van die departement vergader het om ‘n wye reeks kwessies te bespreek.
Monyo het voortgegaan omte sê dat die provinsiale steeds daartoe verbind is om behuising vir kwalifiserende begunstigdes te lewer, en die 1 Miljard Rand Behuisingsprojek duur voort dwarsdeur die Noord-Kaap se vyf distrikte.
Monyo het gesê betalings aan kontrakteurs vir die provinsiale behuisingsprojekte word inderdaad deur die Departement van COGHSTA geprioritiseer.
Sodra fakture ontvang word en die nodige sorgvuldigheid gefinaliseer is, word die betalings gemiddeld 10 werksdae na ontvangs van ‘n volledig voldoenende faktuur gemaak.
“Ons kry ook ‘n gevoel dat sommige kontrakteurs en subkontrakteurs dalk nie hul arbeiders en ander dienste betaal nie, en dan kommunikeer dat die departement hulle nie betaal het nie, terwyl dit nie altyd waar is nie, maar ons wil nie verdere besonderhede van ons kontraktuele ooreenkomste met die kontrakteurs bekend maak nie,” het Monyo namens die departement gesê.
Die befondsing vir die 1 Miljard Rand Behuisingsprojek is afgebaken en kan nie gebruik word om vir enige ander uitgawes te betaal indien dit nie verband hou met die betrokke behuisingsprojek nie.
Enige ander finansiële verpligtinge tussen ander diensverskaffers (insluitend GIC) en die departement wat nie deel is van hierdie behuisingsprojek nie, word betaal deur ander befondsingsbronne of die goedgekeurde begroting van die departement.
GIC tree nie op as ‘n implementeringsagent vir enige behuisingsprojek, wat tans aan die gang is nie, maar is gekontrakteer vir die installering van siviele dienste in sommige van ons beplande projekte.
Dit het die provinsie bo-aan die lys geplaas as een met meer gedienste terreine en is dus gereed om uiteindelik behuising vir die mense van die Noord-Kaap te verskaf en die agterstande aan te spreek.
“Ons is in voortdurende kommunikasie met die GIC oor ons kontraktuele verpligtinge teenoor hulle vir dienste wat gelewer is, en ondersoek alle moontlikhede wat daartoe sal lei dat ons die bedrae wat aan GIC verskuldig is, so gou as moontlik vereffen. Ons is nie bewus van enige sulke voorvalle waar kontrakteurs moet betaal vir wat as “gebrekkige” geotegniese verslae beskou word nie, en dit addisionele besteding van kontrakteurs noodsaak, buite die bestek van die ooreengekome kontrakte. Die Departement bly deursigtig in hoe ons ons mandaat uitvoer en bydra tot die dienslewerings-imperatiewe van die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, sluit Monyo af.