GEMSBOK-UPINGTON: ‘n COGHSTA-span het onalngs voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se provinsiale ondersoek, wat gefokus het op die stand van dienslewering binne plaaslike munisipaliteite regoor die Noord-Kaap, verskyn.
Hierdie ondersoek is deel van die kommissie se grondwetlike mandaat om die nakoming van menseregte in Suid-Afrika te bevorder, te beskerm, te monitor en te assesseer.
Die COGHSTA-span wat voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se provinsiale ondersoek, verskyn het is deur mnr. Bafedile Lenkoe, die hoof van die departement van COGHSTA gelei.
‘n Totaal van nege (9) munisipaliteite het hul diensleweringskwessies voor die kommissie aangebied en het beduidende menseregtekwessies met betrekking tot water, sanitasie, die opgradering van informele ne- dersettings, bestuur en verskeie diens- leweringsuitdagings wat voortspruit uit talle klagtes wat deur die SAMRK ontvang is, uitgelig.
Mnr. Lenkoe het aansienlike maatreëls en planne uiteengesit wat daarop gemik is om munisipaliteite regoor die Noord-Kaap te onder- steun.
Hierdie inisiatiewe sluit in toelaagbefondsingsgeleenthede soos die Munisipale Infrastruktuurtoelaag (MIG) en MSIG, hulp met die werwing van senior bestuurders, leiding oor skuldbestuur en tariefbepaling – veral met betrekking tot skuld wat aan Eskom en Waterrade verskuldig is – en die ontwikkeling van FRP’s/MSIP’s/MPTA’s, tesame met die ontplooiing van kundiges na munisipaliteite.
“Ons gaan voort om die nodige wetgewende ondersteuning aan al ons munisipaliteite te bied. Ons is egter ontevrede met die onlangse en vorige oudituitkomste van hierdie munisipaliteite. Daarom is ‘n gesamentlike poging deur Operasie Skoon Oudit (OPCA), gelei deur die Kantoor van die Premier in samewerking met COGHSTA, SALGA en die Provinsiale Tesourie, aan die gang om die situasie reg te stel en te verseker dat meer munisipaliteite hul oudituitkomste verbeter, wat uiteindelik beter gehalte dienste aan ons burgers lewer,” het Lenkoe gesê.
Na afsluiting van die ondersoek sal die SAMRK ‘n verslag saamstel met duidelike aanbevelings wat deur die regering geïmplementeer moet word om die lewering van dienste te verbeter en grondwetlik verskansde menseregte te beskerm.
Die SAMRK sal die verslag aan die LUR van COGHSTA verskaf en die verslag sal voor die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer ter tafel gelê word.