Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n 45-jarige vader is tot drie termyne lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van sy biologiese dogter (14 jaar oud), plus ‘n bykomende drie maande gevangenisstraf vir die aanranding op haar. 
Die hof het ook gelas dat die beskuldigde se besonderhede in die Nasionale Register van Seksuele Oortreders ingevoer word. 
Al die voorvalle het gedurende 2016 plaasgevind toe die klaer by haar vader gaan bly het, aangesien haar moeder, wat destyds van die beskuldigde geskei was, in die Wes-Kaap gewoon het op soek na werk.
Die hof het in detail gehoor hoe dat die beskul-digde een aand in April 2016, asook twee ander kere, in November dieselfde jaar verkrag is.


Die beskuldigde het nie net die slagoffer verkrag nie, maar haar ook fisies aangerand en haar geklap toe sy geweier het om seksuele dade op sy privaatdele te verrig.
Die slagoffer was te bang om die mishandeling aan te meld, aangesien die beskuldigde haar geïntimideer het. Hy het vir haar gesê dat as sy openbaar wat hy gedoen het, hy tronk toe sou gaan en sy van haar familie weggeneem sou word. Uit vrees het sy nooit die voorvalle aan enigiemand bekend gemaak nie.
Nadat sy herhaaldelik by haar ma gepleit het, het sy uiteindelik by haar gaan woon. Een aand het die beskuldigde by haar ma se huis aangekom en geëis dat sy na sy huis terugkeer. Toe die klaer weier, het haar ma die polisie gekontak, aangesien die beskuldigde daarop aangedring het dat sy by hom moet intrek. Die volgende dag het die polisie ondersoek ingestel waarom sy nie by haar pa wou bly nie. Eers toe het sy uiteindelik onthul dat hy haar verkrag het.