Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-CALVINIA: Die landdroshof in Calvinia het Dawn Celeste Pieterson (45) op Woensdag 1 Oktober 2025 skuldig bevind op  nege aanklagte van bedrog,  asook twee aanklagte van oortreding van Artikel 31 (1) (d) van die Wet op Geboorte- en Sterfteregistrasie 51 van 1992.
Pieterson se wandade het plaasgevind tussen Februarie 2019 en September 2022, toe die beskuldigde ‘n werknemer van die Departement van Binnelandse Sake in Calvinia was. 
As deel van haar pligte het sy toegang tot die nasionale bevolkingsregister gehad. 


Pieterson het begrafnisdekking van betroubare versekeringsmaatskappye geneem en haarself as ‘n begunstigde genomineer. 
Om voordeel te trek, het sy die nasionale bevolkingsregister gemanipuleer deur valslik BI-1663-vorms (kennisgewing van sterftevorm) uit te reik om die fiktiewe dood van die slagoffers te weerspieël. 
Die stelsel het die betrokke persone as oorlede geregistreer, wat ‘n oorvloed probleme in die slagoffers se daaglikse lewens tot gevolg gehad het.
Die saak is uitgestel tot 26 Januarie 2026 vir vonnisoplegging.
Die waarnemende provinsiale hoof van die Valke, brigadier Prince W Mashimbye, het die groot poging van die ondersoek- en vervolgingspan geprys.