Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPIGTON: Die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington het ‘n straatnaamverandering wat onbepland is, en waarvoor nie begroot is nie, glo verlede week op ‘n spesiale raadsvergadering deurgedruk.
Dié straat, Schröderstraat, is een van Upington se oudste strate  en ook ‘n hoofstraat.
Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het tydens ‘n raadsvergadering op 11 September 2025 besluit dat Schröderstraat hernoem sal word na A.Q Gubulastraat.
Volgens die munisipaliteit is die besluit na afloop van ‘n openbare deelnameproses goedgekeur.
“Gedurende die gemeenskapsvergaderings wat in die betrokke wyke gehou is, was die meerderheid van die mense teenwoordig ten gunste van die naamsverandering. Besware is ontvang vanaf die DA, Afriforum en een Individuele beswaar.” skryf Dawid Kruiper Munisipaliteit.


Volgens die DKM se raad is die besluit geneem na aanleiding van die “Municipal Advisory Council” of te wel Mac se aanbevelings. 
Hoe hulle tot dié gevolgtrekking gekom het, is onduidelik.
Rdl Hennie Roux sê die openbare deelnameproses se stemme vir en teen die naamsverandering, dien as bewys dat die gemeenskap van Upington nie belang stel om die naam te verander nie. 
 ‘n Petisie teen die naamsverandering het 7 055 handtekeninge  ingesamel. 
Die gemeenskap se stemme is egter geïgnoreer.
 In teenstelling hiermee is slegs 1 317 name op die petisie wat ten gunste van die naamsveran- dering is, ingesamel. 
Ingeligtes meen dieselfde petisie is ‘n week te laat in die raad ter tafel gelê.  
Dit het ook nie voor die advieskomitee verskyn nie. 
Volgens ‘n dokument wat die beleid van naamsveranderinge uiteensit, lyk dit of DKM slegs wyke 7,8 en 9 as gaffekteerde wyke vir die besluit beskou. Dit wil sê ander Upingtonners en inwoners van die DKM regsgebied, se opinie is nie vir DKM belangrik nie. Sover as wat die Gemsbok kon vasstel was daar slegs wyksvergaderings oor hierdie aangeleentheid vir wyk 7 (14/07), wyk 8 (15/07) en wyk 9 (16/07). 
Dit is alles in teenstelling met die regulasies.
 Sekere raadslede van DKM beweer dat daar bewyse gevind is dat die petisie bedrieglik is. 
“Dit bevat byvoorbeeld die naam van ‘n oorlede persoon wat aan ons bekend is. Die petisie bevat ook gemanipuleerde data van ‘n politieke party se vorms. Dit is bedoel om as sogenaamde handtekeninge, ten gunste van die naamsverandering, te dien. Gebaseer hierop het ‘n handvol raadslede ‘n bedrogklagte teen die burgemeester, David Kazi, ingedien. Dit is weens sy toelating dat die petisie voor die raad dien,” so meen een van die betrokke raadslede. 
Dit word toenemend duidelik dat  die Dawid Kruiper-munisipaliteit die gevoel van die betrokke gemeenskap minag. 
Die naamsverandering veroorsaak dat ‘n positiewe stukkie geskiedenis verlore gaan. Die implementering van die naamsverandering sal ook veroorsaak dat mense finansiële verliese ly.
Rolspelers en organisasies het intussen bevraagteken waarom die munisipaliteit geen poging aangewend het om die voorbereidingswerk te doen om ‘n volledige koste-analise van die naamsverandering te verskaf nie.
 “Dit is nie in die beste belang van die inwoners nie en hou verreikende finansiële en sosiale gevolge in. Só meen Werner Strauss van Afriforum. “Dit maak ons ook duidelik in  ’n formele beswaar wat ons as Afriforum, namens ons Upington lede op Dinsdag 2 September aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gerig het.” 
Volgens AfriForum sal so ’n straatnaamverandering aansienlike koste meebring vir die vervanging van padtekens en straatnaamborde; administratiewe uitgawes veroorsaak weens die bywerking van amptelike dokumente, registers en databanke; indirekte koste plaas op inwoners en ondernemings wat hul adresse en dokumentasie moet aanpas; en openbare fondse wegneem van noodsaaklike dienste soos riool- en infrastruktuurprojekte. 
“Upington het steeds duisende huishoudings wat van die emmerstelsel (balie-stelsel) gebruik maak vir riool. Om in hierdie konteks miljoene te bestee aan simboliese projekte, is onverantwoordelik. Hierdie besluit benadeel belastingbetalers direk,” sê Strauss.
 AfriForum waarsku verder dat die eensydige verandering van ’n gevestigde straatnaam sonder behoorlike konsultasie kan lei tot verdeeldheid in plaas van samehorigheid. Die organisasie doen ’n beroep op die munisipaliteit om die besluit te heroorweeg en eerder in praktiese dienslewering te belê.
“Hierdie eerbewys sal ‘n gepaste gebaar wees om die erfenislandskap van die Noord-Kaap provinsie te transformeer en sal die burgers van die Dawid Kruiper munisipaliteit erkenning gee aan ‘n belangrike rol wat hy gespeel het vir sy na- latenskap. 
‘n Voorlegging van die goedgekeurde naam sal nou aan die Provinsiale Erfenisraad gestuur word.
Verskeie partye en organisasies het gesê hulle gaan voortgaan om teen die naamsverandering te veg. 
Om dit te vermag sal daar petisies by die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer se petisieskomitee en ‘n klag by die Noord-Kaapse Provinsiale Geografiese Namekomitee  ingedien word.