Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON:  Erica Strauss, ‘n raadslid van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, het haar onlangs na die res van die raad en sy munisipale wetstoepassingseenheid gewend en gepleit dat hulle ‘n oorsig  gee van leë en verlate geboue in Upington - wat deur dwelmgebruikers en kriminele elemente oorgeneem word.
Strauss sê “in brandpuntgebiede soos Rosedale, Dakota, Louisvale en Paballelo is ‘n aantal verlate huise onwettig beset en word dit gebruik vir dwelmgebruik en onwettige aktiwiteite. Die situasie het wydverspreide vrees en onsekerheid onder inwoners veroorsaak. In sommige gevalle het die probleem so erg geword dat wettige eiendomseienaars nie meer toegang tot hul eie eiendomme kan kry of dit kan terug eis nie,”.


Sy gaan ook voort om te sê  die meeste van die betrokke eiendomme het nie sanitasie nie, wat die dwelmgebruikers verder aanspoor om hulself in die oopte, voor kinders en omliggende bure, bloot te stel. 
“Die situasie is buite beheer en verander vreedsame woonbuurte in gevaarsones, wat die veiligheid, gesondheid en waardigheid van wetsgehoorsame inwoners en kinders bedreig.”
Korrespondensie rakende ‘n herhalende voorval van onsedelike blootstelling is gestuur aan die munisipale bestuurder en die burgemeester. 
Strauss sê sy het ook  ‘n vergadering met die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gehad, wat bevestig het dat onwettige besetting, en die opskiet van dwelmhole en onwettige aktiwiteite ‘n groot probleem is. 
Ten spyte van talle klagtes van gemeenskapslede, doen die munisipale wetstoepas- singseenheid egter niks om die situasie aan te spreek nie.
Die munisipaliteit sal sy wetstoepassings- eenheid moet toerus met die nodige Persoonlike Beskermende Toerusting (PBT) en hulpbronne en begin om in te gryp.
Strauss hoop dat die munisipaliteit, in ooreenstemming met die wet, en met die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, optree om:
Onwettige besetters van verlate eiendomme te verwyder;
Deeglike inspeksies van hierdie persele uit te voer en teen alle onwettige gedrag op te tree;
Wetstoepassingssigbaarheid in die gebied op te gradeer; en
Verdere onwettige besettings te voorkom.
Dit is tyd om Upington se voorstede van misdadigers terug te eis en gemeenskappe hul waardigheid en veiligheid terug te gee.